top of page
Search
  • Writer's pictureFrancois Maritz

Peter L. Berger – The Sacred Canopy: Elements of a Sociological Theory of Religion.

Peter L. Berger – The Sacred Canopy: Elements of a Sociological Theory of Religion.

Chapter 5 – The Process of Secularization.

“By secularization we mean the process by which sectors of society and culture are removed from the domination of religious institutions and symbols.”

Die effek van Sekularisasie kan opgelet word in die afname van religieuse temas in die kunste, filosofie, en ook die letterkunde, belangrik ook vir die merk van sekularisasie is die toename in die gewig wat geleen word aan die wetenskap.

“There is a secularization of society and culture, so is there a secularization of consciousness.” Berger is van mening dat Protistantisme deel gehad het in die sekularisasie in die sin dat met Calvinistiese teologie dit die Kapitalisme na vore gebring het wat Sekularisasie laat plaasvind het. In kontras met die Katolieke het die Protestante die kerk gestroop sover as moontlik van enige van die drie klassieke heiliges; misterie, wonderwerke, en toorkuns.

Vir die Reformatore is die werklikheid verdeel in die transendente heiliges en die radikale gevalle mensdom wat per implikasie geen heilige kwaliteite beskik nie.

Hierdie gesekulariseerde werklikheid is tot ‘n mate baie veilig vir die individu in die sin dat alles wat hy/sy mee in aanraking kom tot homself beperk is en geen eksterne faktore of eerder reels ‘n impak op die individu sal he nie. Dus hoef hy/sy gladnie te konformeer nie, want in ‘n sin skep hy/sy eie normes en waardes wat nie deur eksterne rituele en simbole gereguleer hoef te word nie.

En Berger is van mening dat juis in hierdie sin, in die sin van demitologiesering van die Protestante het die Katoelieke ‘n spirituele voorsprong. Hulle het nog ‘n ‘veilige’ plek vir die mensdom om hul geloof uit te leef in iets groters as hulself en dit te beleef in iets wat magies is en simbolieryk. Waar die Protestante die Woord het, en gekies het vir ‘n baie meer Rasionele benadering tot die geloof, om daardeur suiwerheid van geloof te verkry, maar die negatiewe onvoorsiene kant daarvan was dat hulle die mensdom onewustelik vervreem het van die kerk self. Met sekularisasie as gevolg van die onbedoelde vervreemding.

Nog ‘n nie-intensionele daad van die kerk wat bygedra het tot die sekularisasie van die kerk en wereld is dat die kerk op ‘n manier die sekularisasie van die wereld gelegitemeer het deur te se en te wys dat die kerk die heilige plek is, vol simbole en rituele wat die heilige weerspieel, en die wereld sonder die heilige is. Daardeur, deurdat die kerk homself as anders as die wereld beskou legitimeer hy onbewustelik die sekularisasie van die wereld. (?)

Sin het ‘n probleem geraak, want die gronde waarin dit gegrond was deur die eeue was/is besig om te verbrokkel.

1 view0 comments

Recent Posts

See All

The Question That Converts Change Resistors

Have you ever designed or created something and then presented it to someone (client or team) for approval or use – only for them to flat out reject it? (Queue sad music…) This could be the innovati

Post: Blog2_Post
bottom of page