waar is jy vanaand hoekom is jy nie hier nie wie noem jou naam pragtig
jy’s die rooi in die wyn jy’s die vlam in die vuur jy’s die sag in die sand en die sproei op die brander
hoekom voel ek so deurmekaar wanneer gaan ek stil kan raak hoe gaan ek onthou jou naam
waar is jy vanaand ek wil stil raak met jou naam op my lippe
– Francois van Dijk
Comments