top of page
Search
  • Writer's pictureFrancois Maritz

Veranderingsbestuur: Robert Terry Action Wheel

Die afgelope week het ek saam met ‘n werkgroep gedink oor veranderingbestuur binne ‘n organisasie wat heelwat geskiedenis saam dra en hoe moeilik dit is om so ‘n organisasie in verandering in te begelei. Hierdie wiel van Terry help daarmee om die fokus op die regte plek te behou.

Terry Action Wheel Authentic Leadership: Courage in Action Robert Terry

Geskryf deur Frederick Marais: Robert Terry se teorie, Authentic Leadership: Courage in Action (Jossey-Bass 1993), help ons om insig te bekom in die gebruik en misbruik van mag in die hantering van konflik.  Eers ‘n paar algemene opmerkings oor Terry se teorie. Terry se teorie bestaan basies daaruit om die aksie of dinamika in ‘n sisteem te ontleed.

Terry identifiseer 6 vorme van aksie in ‘n sisteem wat ter sprake kom wanneer die sisteem blootgestel word aan transformasie: (sien hieronder ‘n meer uitgebreide verduidelikking van elk van die aksies) Terry se wiel:

1. Mag- Die is die energie van ‘n aksie 2. Missie- Die fokus of “waarheen” van ons aksies 3. Bestaansdoel of bedoeling- Die “hoekom” wat ons aksies motiveeer 4. Konkrete bestaan (existence)- Die konkrete realiteit van waaruit ons aksies voortspruit. 5. Bronne- Die konkrete bronne waarmee die aksie realiseer. Alles wat konkreet gemeet kan word val onder hierdie kategorie. 6. Strukture- Die die organisasie kanale- di planne, strukture ens. waardeur die aksie gekanaliseer word.

Volgens Terry is hierdie 6 aksies in ‘n spesifieke interaksie met mekaar. Hulle vorm saam ‘n wiel wat die momentum van die gekulmineerde energie van die 6 aksies voorstel. Die interaksie tussen die 6 aksies is belangrik en in ‘n baie spesifieke orde. Elke aksie is afhanklik van die volgende aksie om suksesvol te realiseer (sien weer sy skematiese voorstelling).

Terry se wiel verbind daarom elke komponent met die volgende komponent deur middel van ‘n pyl: Mag(energie) realiseer konstruktief wanneer missie- of fokus in plek is.   Wanneer daar in die sisteem ‘n magskonflik is, word dit nie reggestel deur op die konflik te fokus nie maar deur die fokus te verskuif na die missie. Missie(fokus) kan net realiseer indien bestaansdoel(hoekom) duidelik is en gesag het in die sisteem. Die logika is dat ‘n organisasie met fokus-missie, maar sonder ‘n duidelike bestaansdoel of “hoekom”, nie werklik oor die energie sal beskik om die missie te realiseer wanneer daar teespoed kom nie. Bestaansdoel(hoekom) kan net realiseer indien dit konnekteer met die konkrete bestaan van die organisasie. Die konkrete bestaan van ‘n organisasie is die realiteit van waaruit alle aksies ontstaan. As die bestaansdoel of bedoeling van die organisasie nie grond vat in die werklike konkrete bestaan daarvan nie, is daar geen aksie nie maar net idees. Konkrete bestaan is net moontlik indien daar (meetbare) bronne is om dit te laat bestaan. Mense, tyd, geld en infrastruktuur.  Dit dien geen doel om oor die bestaan van ‘n organisasie te praat indien daar nie bronne is nie. Bronne sonder stukture kan geen energie kanaliseer nie.  Strukture is dit waardeur bronne gekanaliseer word om in diens van die bestaansdoel en bedoeling te funksioneer. Strukture kan nie sonder energie aksie tot gevolg hê nie. Water kan nie in ‘n kanaal loop indien daar nie gravitasie is nie.

As ons Terry se wiel toepas op magsverskille of konflik beteken dit dat wanneer daar konflik is, die probleem nie in die konflik is nie, maar in die onduidelikheid van die missie of fokus van die organisasie. Konflik in sigself is nie sleg nie, dit dui op energie, maar is onproduktief- energie word vermors, omdat daar nie fokus is nie. Ons spandeer daarom in die vennootskap baie tyd om oor missie-Gemeenteroeping en Visie vir Beliggaming te praat omdat dit ons help om fokus te ontwikkel. Dit is kontras ons praktyk om strukture te gebruik om die konflik te hanteer.  Wanneer ons strukture gebruik benut ons die reëls, bestaande planne en prosedures. Dit egter, plaas druk op ons hulpbronne, wat druk plaas op die voorbestaan van die organisasie ens.

31 Augustus 2008.

Wat my laat dink dat wanneer jy die organisasie aan die volgende stap van die wiel wil blootstel moet jy dit motiveer met twee stappe vorentoe. Wanneer jy mag wil establish moet jy dit motiveer met doel. Wanneer jy doel wil establish moet jy dit motiveer met betekenis. Wanneer jy betekenis wil establish moet jy dit motiveer met huidige realiteit. Wanneer jy huidige realiteit wil establish moet jy dit motiveer met bronne. Wanneer jy bronne wil establish moet jy dit motiveer met strukture. En uiteindelik, wanneer jy strukture wil establish moet jy dit motiveer met mag.

Die argument moet altyd ‘n stap vooruit wees om die huidige kwessie sinvol te beredeneer.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

The Question That Converts Change Resistors

Have you ever designed or created something and then presented it to someone (client or team) for approval or use – only for them to flat out reject it? (Queue sad music…) This could be the innovati

Post: Blog2_Post
bottom of page