top of page
Search
  • Writer's pictureFrancois Maritz

suurdeeg broodjie




Vir die eerste keer in my lewe het ek ‘n Vrydag oggend opgestaan met die voorneme om ‘n suurdeeg broodjie te bak. Dit was heeltemal nuut tot my. Ek kon suurdeeg broodjies nog net uit die kombuiste van vriende waardeer. Die broodreuk terwyl dit stadig in die oond bak terwyl mens die huis in stap op ‘n koue nag het my nog elke keer gevang, so warm gevoel wat dit skep. Saam met brood, is ek nog altyd van die oortuiging moet rooiwyn geniet word. ‘n Tradisionele nagmaal in die kleine, vriende om ‘n broodjie met botter, konfyte, kasies, heuning, en rooiwyn.

Ek het die broodjie vanuit ‘n ou resepteboek gebak wat nog in ponde en fahrenheit werk. Geluk met my goeie assistent, Google, kon ek die mates redelik met gemak omskakel. Dit was ‘n basiese resep met niks snaakse dinge bygevoeg of tricks om te doen nie. Wat seker die moeilikste van die hele storie was, was om intuisie te gebruik om te weet wanneer om op te hou knie.

Suurdeeg is ‘n wonderlike medium met soveel veranderlikes wat die smaak en tekstuur van die broodjie sal verander namate dinge vinniger of stadiger gedoen word. En ja, suurdeegbroodjie bak is nie ‘n vinnige ding nie. Dit vat tyd. Jy moet kan wag vir die deeg om te reis, dit af te knie, dit weer te laat reis voordat jy eers aan die oond kan begin dink.

Broodjie bak is ‘n terapeutiese ding, en ‘n broodjie is ook nie ‘n broodjie as dit nie gedeel word nie. So begin ‘n broodjie te bak en voor jy weer sien sit jy met gesellige vriende om ‘n kombuistafel en breek broodjie saam ‘n donker glas rooiwyn.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

The Question That Converts Change Resistors

Have you ever designed or created something and then presented it to someone (client or team) for approval or use – only for them to flat out reject it? (Queue sad music…) This could be the innovati

Post: Blog2_Post
bottom of page