die maan het agter die wolke wegkruipertjie gespeel die reën het gedrip drip die windjie het gesny en gesteek maar, die kameeldoringhoutvuur het geknetter
hakskoene het geklipklop strikdassies het gepunt gestaan woorde het gehardloop bruin, groen, blou oë het geskitter
lekker ruik lekker proe lekker loperige kase op soutbrosbeskuitjies
vlamme het geflikker proppe was platgetrap wyn het gevloei glase het geklingel
daar was gestaan daar was gesit daar was gelag en, daar was gesoen…
– Francois van Dijk
留言