top of page
Search

ongetiteld

  • Writer: Francois Maritz
    Francois Maritz
  • Nov 6, 2010
  • 1 min read

Ek is ‘n nar. ‘n circus clown. God se hanswors. Met my tamatieneus, en my groot wit mond, en uitroeptekens bokant my oë.

Ek staan Sondae voor die mense en ek sê: Lag, mense, lag! Word bly, mense, word bly! Moenie meer huil nie. Kyk daar kom ‘n nuwe aarde.

Maar as ek uit die sirkusring hardloop, terwyl die orrel dawerend speel, tot agter in my tent of karavaan, dan huil ek in my hande.

Ek hou maar net soos julle aan God se genade vas. Ek wag bewend op die Here. Ek struikel dikwels. Daarom loop ek so voetjie vir voetjie.

Maar my lewe is geanker op hierdie baie stormagtige see – deur ‘n Stuurman, die beste een, wat op die wal in die hemel aan die regterhand van God sit.

-Manie Malan

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • LinkedIn

©2020 by Francois Maritz. Proudly created with Wix.com

bottom of page