| my seun | noudat jy vier is | is dit tyd om te praat
| oor die dinge wat ‘n boerseun raak
| ja, Pa het ook rugby gespeel | twee armbreuke vir die eer van die skool
| en ja, Pa was in die army | maar hulle het gesukkel om ‘n man van hom te maak
| askies, maar Pa kan nie sy dop soos ‘n man vat | die buurvrou vry | en die kaffers op hulle plek hou nie
| maar kom kniel hier by my | ek leer jou bid | ek leer jou lees uit ‘n boek | hoe om die ganse wêreld | in ‘n korreltjie sand | te soek
| – Prevot van der Merwe (1952 – 2004)
Comentários