Asem in, asem uit,
tussen watter wêrelde vind jy jouself vanaand?
Waar spoel jy jou duifwit koppie
met ‘n bietjie warm water?
Opgehoop met kitskoffie
laat val jy jou teelepel in die koppie met ‘n geklingel
saam die kookborrel van die ketel
en roer.
Staar jy by jou kombuisvenster uit?
Hoor jy die reën?
Ek sit rustig op my stoep, saam die krieke,
en luister, na geluide van die donkermaan nag.
– Francois van Dijk
Comments