top of page
Search
  • Writer's pictureFrancois Maritz

Hoe vorm ons ‘n morele samelewing?

Hoe vorm ons ‘n morele samelewing?

– Raak betrokke by die gemeenskap.

– Herlewing itv die Skrif… 2Kor5:13 Identiteit moet in lyn met integriteit wees.

– Leer kinders om verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle optrede. Die oomblik wanneer die ouers nie meer daar is nie, ontbreek die morele gedrag. Kontrole moet nie morele gedrag tot gevolg he nie.

– Geloofsvorming vind plaas in die voorbeeld van leef, die taal wat gepraat word. Ons moet onthou dat mense gevorm word in die eerste paar jaar van mense se lewens. Tienerbediening is te laat vir vorming. Ons moet ouers help met geloofsvorming. Jongmense moet buite hulle veilige ruimtes beweeg en op uitreike gaan vir blootstelling.

– Voorbeeld moet gestel word sodat waardes in verhoudings gevorm kan word. Die rol van onderwysers moet nie onderskat word nie. Hulle kan ‘n baie belangrike rol speel omdat hulle meer kontak met die kinders het as die ouers.

#imagine kan help om ‘n verhouding met die Here te bou. Die wonderlike teologie moet in ‘n goeie praktiese model oorgedra word. Ouers moet verantwoordelikheid neem vir hulle kinders, en ook die wat buite hul gesinne is.

– Jongmense moet in ander jongmense se lewens betrokke wees.

– Mentorskap kan ‘n nuwe beweging in die kerk veroorsaak.

– Moraliteit moet gevorm word by kinders. Ouers is dalk ‘set in their ways’ daarom het ons as kerk ‘n belangrike rol te speel in ons kinders se lewens. Wat kan ons as kerk doe nom ‘n impak te maak in ons jongmense se lewens.

– Leer kinders menswaardigheid aan. Deur bv musiekinstrumente te laat bespeel.

– ‘n Nasionale veldtog rondom moraliteit, saam met regering en ook ander kerke.

– ‘n Noodlyn vir tieners waar met kinders gepraat word oor MXIT.

– EcoHuis waar geleer word by ander, deur saam met ander te leef. Welgesteld en minderbevoorregtes wat vanaf mekaar waardes kan eggo.

– Moraliteit word geleef. Die omgewing moet skoongemaak word, mooigemaak word.

– Bring vullis om te herwin, in ruil vir lugtyd. So wen almal. 

1 view0 comments

Recent Posts

See All

The Question That Converts Change Resistors

Have you ever designed or created something and then presented it to someone (client or team) for approval or use – only for them to flat out reject it? (Queue sad music…) This could be the innovati

Post: Blog2_Post
bottom of page