top of page
Search
  • Writer's pictureFrancois Maritz

Generasionele Navorsing: Millenials en GenZ

Die eerste ‘n paar statistieke oor hoekom ons anders moet dink oor Generasie Z as vorige generasies. Die tweede oor hoe om die nuwe generasie te lei vanuit The Proximity Principle gegrond op die werk van Ken Coleman. En laastens algemene inligting oor die nuwe generasie(s) aan die hand van die Barna Foundation se nuutste navorsing.

Eerstens ‘n paar rigtinggewende statistieke:

  1. Generasie Z gaan die mees diverse generasie tot op hede wees.

  2. In Noord Amerika gaan die meerderheid van die bevolking nie-blank generasie Z wees. Wat waarskynlik ook waar gaan wees vir Suid-Afrika, gegewe Suid-Afrika se rasse verspreiding.

  3. Generasie Z gaan ‘n meerderheid van minderhede wees.

  4. Generasie Z gaan meer geskool en minder ervare wees as enige generasie tot op hede.

  5. Die eerste keer wat die gemiddelde Generasie Z persoon gaan leer hoe werk gebeur is rondom die ouderdom van 22jaar.

  6. Generasie Z gaan die eensaamste generasie in die geskiedenis, tot op hede, wees. En waarskynlik die eensaamste generasie in wêreldgeskiedenis, vanweë die globale impak van die internet.

Tweedens hoe om leiding te gee aan die nuwe generasie aan die hand van die Proximity Principle van Ken Coleman:

Die Proximity Principle: Om te kan weet wat jy moet doen, moet jy rondom die mense wees wat besig is om dit te doen en in plekke waar dit besig is om te gebeur.

Nou wat is dit? Wel, jy vra raad oor Generasie Z so as ons die beginsels invul sal dit kan lees soos volg: Om te kan weet wat jy moet doen om Generasie Z te bereik/bedien, moet jy rondom Generasie Z wees, in plekke wees waar Generasie Z graag leer, oefen, werk, groei en ontspan.

John Maxwell vul Coleman aan wanneer hy praat van die law of the zipcode(postal code): Maxwell meen dat jy alles wat jy nodig het om ‘n bediening te begin reeds rondom jou teenwoordig is.

Om terug te keer na Ken Coleman kan daar ook gepraat word van ‘n Proximity Mindset. Met ‘n ingesteldheid oor wat reeds rondom jou aan die gebeur is en wat jy moontlik op die been wil bring is drie beginsels belangrik.

  1. Ken jou rol.

  2. Hierin is dit belangrik om duidelikheid te hê oor wie wat doen. Daar moet duidelik gekommunikeer word oor wie wat doen en oor dit wat gedoen word.

  3. Aanvaar jou rol.

  4. Dit is noodsaaklik om jou te bepaal by jou rol en nie iemand anders se rol te wil oorneem/bestuur nie. Aanvaar verantwoordelikheid vir jou rol, en moet nie ander se rolle kritiseer of verkleineer nie. Elkeen het ‘n rol te speel in die plan.

  5. Staan jou rol vol.

  6. Die rol wat jy gekry het in die groter plan moet jy ten volle omarm en die skoene volstaan. Moet nie die rol halfhartig neem nie, of iemand anders se rol wil inneem nie. Jou rol is met rede aan jou toegeken of jy het met bepaalde sterkpunte die rol geëien.

Duidelikheid (1) skep ruimte vir selfvertroue (2) om te groei en te floreer (3).

Wanneer daar na Coleman se Proximity Principle gekyk word sal ‘n gemeente besef dat hulle reeds alles in hulle midde het om ‘n goeie bediening aan (en deur) Generasie Z te begin en uit te bou sodat dit ‘n volhoubare bedieningsveld kan raak. Wat belangrik is, is om werklik jou konteks/omgewing se Generasie Z te ontmoet, en nie met jou persepsies oor ‘n generiese generasie Z te werk nie.

Laastens deel ek graag navorsing aan die hand van die Barna Foundation se nuutste bevindinge oor die gekonnekteerde generasie.

Die gekonnekteerde generasie voel die impak van breë en globale tendense (lees internet en sosiale media) in hul lewens meer as wat hulle geliefd en geondersteun voel deur mense naby aan hulle. Eensaamheid is besig om die nuwe generasie te verander. Slegs 32% van Millennials sê dat hulle iemand het wat in hulle glo.

Die nuwe generasie is ‘n onsekere generasie:

  1. 1/5 lei aan angsversteurings.

  2. Onderwys en loopbane word geprioritiseer.

  3. Toestelle (lees selfone) is besig om hulle te leer wie hulle is.

‘n Paar beginsels vir ‘n bediening in ‘n angstige tyd:

  1. Handhaaf ‘n teenwoordigheid van vrede. Kommunikeer vrede. Handhaaf die teenwoordigheid van Jesus.

  2. Wees ‘n interpreteerder vir mense. Onderskei. Bied perspektief.

  3. Belê in geleefde gemeenskap, want die digitale ruimte is nie ‘n beliggaamde plek nie.

Druk wat jong volwassenes in die gesig staar:

  1. ‘n Soeke na identiteit: Wie is ek, regtig?

  2. Om angs te veg: Hoe moet ek in vandag se wêreld leef?

  3. Ervaring van eensaamheid: Is ek geliefd?

  4. Om ambisie te benut: Wat is my doel in die lewe?

  5. ‘n Gevoel van geregtigheid: Wat maak meer as myself saak?

Die tipiese 15-23jarige het 2767ure screentime waarvan slegs 153 ure gebruik word vir spirituele inhoud. Dit beteken slegs 5.5% van screentime tyd word aan spirituele inhoud spandeer.

Van die 18-29jariges wat in Suid-Afrikaanse kerke groot geword het is:

  1. 5% Prodigals (eks-Christene)

  2. 14% Nomands (ongekerktes)

  3. 49% Gewoonte kerkgangers

  4. 33% Veerkragtige dissipels

Van die 18-29jariges wat wêreldwyd in kerke groot geword het is:

  1. 22% Prodigals (eks-Christene)

  2. 30% Nomand (ongekerktes)

  3. 38% Gewoonte kerkgangers

  4. 10% Veerkragtige dissipels

Hieruit kan gesien word dat gewoonte kerkgangers ‘n groot persentasie van Suid-Afrika se bevolking uitmaak. ‘n Verblydende statistiek is die aantal veerkragtige dissipels, hierdie getal is heelwat meer as die wêreld tendens. Daar moet egter nie rus daarin gevind word nie, maar eerder daarop gekapitaliseer word met die wete dat globale tendense Suid-Afrika al vinniger begin inhaal as gevolg van die internet en sosiale media.

Daarom sal dit wys wees om die veerkragtige dissipels so gou moontlik te ontmoet en in te span in ‘n bediening of ‘n alternatiewe bediening te skep vir en deur jong volwassenes.

Ester en Daniel is goeie voorbeelde vanuit ons tradisie om na te gaan kyk vir leidrade na die toekoms.

Vir iemand om hom/haarself as ‘n veerkragtige dissipel te beskryf is die volgende 5 beginsels gewoonlik belangrik:

  1. Om intimiteit met Jesus te ervaar.

  2. Om die kultuur verantwoordelik te kan onderskei.

  3. Betekenisvolle, intergenerasionele verhoudings.

  4. Om die nodige hulpmiddels en tegnieke te ken om hul beroep op ‘n Christelike manier te kan beoefen.

  5. Om deel te neem aan kontra-kulturele missionale aktiwiteite.

As daar nie vandag alreeds ruimte gemaak word vir jong leierskap nie, sal hulle nie meer more teenwoordig wees om ‘n verandering te maak nie. Die gekonnekteerde generasie wil nie slegs verbruikers van geloof wees nie, maar wil ‘n aktiewe bydrae maak tot die geloofslewe van ‘n intergenerasionele gemeenskap.

Wanneer daar deur leiers met visie na die gekonnekteerde generasie gekyk word is die volgende belangrik om ‘n veerkragtige dissipel toe te rus en in staat te stel om selfstandig in gemeenskap te floreer.

  1. Werf (Werf jong volwassenes vir die toekoms)

  2. Oplei (Lei jong volwassenes op vir die toekoms)

  3. Laat gaan (Laat gaan jong volwassenes om ‘n impak te maak in die toekoms)

  4. Monitor (Monitor jong volwassenes soos hul besig is om ‘n impak in die toekoms te maak.)

Vir meer inligting gaan kyk gerus na:

(2017) Tim Elmore: Marching Off the Map: Inspire Student to Navigate a Brand New World.

(2019) Tim Elmore, Andrew McPeak: Generation Z Unfiltered: Facing Nine Hidden Challenges of the Most Anxious Population.

(2019) Ken Coleman: The Proximity Principle: The Proven Strategy That Will Lead to a Career You Love.

(2019) David Kinnaman, Mark Matlock, et al.: Faith for Exiles: 5 Ways for a New Generation to Follow Jesus in Digital Babylon.

4 views0 comments

Recent Posts

See All

The Question That Converts Change Resistors

Have you ever designed or created something and then presented it to someone (client or team) for approval or use – only for them to flat out reject it? (Queue sad music…) This could be the innovati

Post: Blog2_Post
bottom of page