druppeltjie
- Francois Maritz
- Sep 7, 2013
- 1 min read
wat is 'n botteltjie wyn
sonder 'n bietjie samesyn?
druppeltjie vloei
kan 'n glas wyn dan bloei?
in die verte flikker 'n vuurtjie, klein
liefde is nie iets wat sommer verdwyn
nader al nader
dit is waar die vlamme vergader
'n vlamme vergadering
'n druiwe doolhof
die een word die ander
'n druppeltjie 'n brander
- Francois van Dijk
Comments