dit is sondag aand, die kerk is koud die houtbanke hard die glimlagte ingetoë die oë moeg
dit is sondag aand, die orrel trek die dominee preek die woorde steek
dit is sondag aand, die vlamme brand die boek met sy goue rand
dit is sondag aand, die boek met sy goue rand, brand, nou my, verstand
dit was sondag aand.
– Francois van Dijk
Comments