top of page
Search
  • Writer's pictureFrancois Maritz

Deuteronomium 8: Leef in oorvloed

  1. God lei Sy mense die beloofde land binne, nadat hulle vir 40jaar in die woestyn rondgetrek het. Nadat God hulle vir 40jaar in die woestyn onderrig het in Sy wil

  2. Eerste word al die wonderlike waters genoem wat die Here hulle gee, in kontras met die droë woestyn. Die land is ook oorvloedig in koring, gars, wingerde, vyebome, granate, olyfolie en heuning. Hulle kon regtig lekker toebroodjies gemaak het. ‘’n Lekker broodjie met olyfolie en dalk bietjie vye of druiwe konfyt. Hulle het geleef in oorvloed!

  3. In al hierdie lekkerte moet hulle nie vergeet om vir God dankie te sê nie. Dankie, te sê vir Hom wat alles vir julle gegee het nie.

  1. Om God te vergeet is gevaarlik! Die essensie van vergeetagtigheid word hier in vers11 uitgedruk as om nie God se voorskrifte en bepalings te onderhou nie.

  2. Om vergeetagtig te wees is nie maar net om te vergeet nie, dit is om buite die wil van God te leef.

  3. In veiligheid van hoë mure en rustigheid van genoeg om te eet, is dit baie maklik om van die werklikheid van God te vergeet, want alles is nou reg, ons het Hom nie nou nodig nie. Ons gebruik Hom mos net as ons in die moeilikheid is.

  4. Die gevaar van vergeet was daar, daarom waarsku Moses: “Sorg dat jy nie die Here jou God vergeet.”

  1. Die verwagting van die goeie was vir Israel ‘’n bron van hoop terwyl hulle in die woestyn was. Maar nou, nou kan selfs die beloofde land vir hulle ‘’n plek van beproewing raak.

  2. Hulle het genoeg kos gehad en het ook nie meer in tente gebly nie, maar huise. Hulle het vee, klein en groot, gehad asook goud en silwer. Hierdie was alles seëninge van God af, wat goed is, maar wat ook versoeking bring.

  3. Die versoeking van hierdie goeie dinge lê daarin om te dink dat jy, mens, dit uit jou eie krag bekom het, sonder God.

  4. Omdat die Israeliete die beloofde land gekry het vanuit al die hardheid van die woestyn, was dit vir hulle maklik om dit te onthou. Maklik om te onthou hoe hulle daarvoor geveg het. Maar ook maklik om te vergeet dat die beloofde land ‘’n geskenk van God was. Dat die militêre sukses alles te danke is aan God se teenwoordigheid.

  1. Welvarendheid, met ander woorde, kan baie maklik lei tot trots. Om trots te wees, is om te dink dat jy, mens, alles uit eie krag bereik het.

  2. Daar volg ‘’n reeks beelde van God:

  3. Die Here jou God wat jou uit Egipte, die land van slawerny bevry het. /Bevryder/

  4. Dit is Hy wat jou gelei het deur die groot en gevaarlike woestyn. /Leier/

  5. Hy wat water uit klipharde rots laat vloei het. /Versorger/

  6. En wat jou in die woestyn manna laat eet het. /Versorger/

  1. Die doel van al die beproewing was soos in vers16 om aan hulle, jou en my, ons, om aan ons goed te doen.

  2. Die einde van die hoofstuk dra ‘’n verdere waarskuwing teen vergeetagtigheid. Wanneer God nie meer op die voorgrond van ons lewens is nie, word dit maklik om ander gode te volg. En sodra dit gebeur verbreek ons die eerste gebod.

  1. Opgesom

  1. Leef in oorvloed! Maak lekker toebroodjies.

  2. Moet nie vergeet nie.

  3. wat jy het, is ‘’n geskenk.

  4. leef uit dankbaarheid.

  5. leef in afhanklikheid.

0 views0 comments

Recent Posts

See All

The Question That Converts Change Resistors

Have you ever designed or created something and then presented it to someone (client or team) for approval or use – only for them to flat out reject it? (Queue sad music…) This could be the innovati

Post: Blog2_Post
bottom of page