soos die sterrehemel in die rondte draai bo my kop
hou ek die vuur vlamme in gedagte dop
stadig en stil staar die sterre vir my
waar sal my gedagtes bly
sterre draai
vlamme flikker
winde waai
gedagtes al hoe digter
gedagtes sonder grense
ewig op reis
op soek
na 'n hartlike herberg
'n tuiste met warm gebakte brood
'n tuiste met ou wereldse perske boord
'n tuise waar stroompies kabbel
'n tuiste waar kindertjies babbel
in die sterre?
in die grond?
in die wind?
of in jou?
jy is
vir my
die sterre, die grond, en die wind
alles saamgebind.
- Francois van Dijk
top of page
Search
Recent Posts
See AllHave you ever designed or created something and then presented it to someone (client or team) for approval or use – only for them to...
10
The need to be adaptable – to develop adaptive intelligence at both a personal and organisational level is well stated. In fact, it is...
20
Clem Sunter lig ‘n paar belangrike vlaggies uit om dop te hou vir die toekoms waaronder die volgende voorkom: Die Religie vlag: Dat die...
00
Post: Blog2_Post
bottom of page
Commenti