top of page
Search
  • Writer's pictureFrancois Maritz

Algemene Sinode, Dag 1


So my liewe klasmaats vandag is die geskiedenis boeke geskryf met die nuwe moderator wat ingestem is in die moderatuur van die Algemene Sinode. Prof Nelus Niemandt. Hy is nes prof. Piet Strauss ook in die akademie, maar gebonde aan TUKS, die akademici staan dus uit in die laaste paar jaar lyk dit vir my.

Teen 14h00 vanmiddag, wat die afsny punt was vir registrasie, was daar 195 leraars en 181 kerkraadslede geregistreer vir die sinode om julle ‘’n prentjie te gee van die grootte van die sinode.

Vanoggend het ek met groot afwagting na die sinode gery omdat daar ‘’n groep beswaardes sou betoog het oor dwaalleer in die kerk, maar toe ek by Birchwood konferensie sentrum opdaag sit daar slegs een omie in sy groen kamp stoel voor die sentrum met twee plakkate langs hom. Hy was die totale protes namens die beswaardes, hulle groepie is 50 sterk.

Ek het vandag ook vir Ds. Andre Barlow, Ds. De La Harp le Roux, Ds. Retief Botha, prof. Fanie Snyman en prof. Francois Tolmie gesien by die sinode. Dit is baie lekker om die bekende gesigte te herken tussen die skare dominees! En Michelle van Tonder is ook hier vir die week, sy sê sy sal maar die agenda deur werk so stukkie vir stukkie soos wat dit nodig is vir die sake wat die volgende dag bespreek gaan word. As julle onthou, die agenda is 301 bladsye vol leesgenot.

Ons eet ook baie lekker hier by Birchwood! Vir elke ete omtrent kan jy kies tussen hoender, bees, of vis en daarmee saam is daar ook lekker groente wat keurig voorberei is. Poeding moet ook nie vergeet word nie. Nee, hierdie lyk na enige dominee se droom as dit by die ete en drinke kom, maar die gesittery in die saal kan maar eentonig raak en ek het al ‘’n gaap of twee gewaar vandag.

Maar nou ja, ek moet môreoggend weer vroeg opstaan sodat ek 07h30 by die sinode kan wees. En julle weet mos, ek is ‘’n oggend mens by uitstek!

0 views0 comments

Recent Posts

See All

The Question That Converts Change Resistors

Have you ever designed or created something and then presented it to someone (client or team) for approval or use – only for them to flat out reject it? (Queue sad music…) This could be the innovati

Post: Blog2_Post
bottom of page