Francois Maritz

May 17, 20131 min

wie is die ware wonderwerker?

jou oë wil ek nie bekyk
 
want in jou oë sien ek my
 
jou hande wil ek nie vashou
 
want dit hou my vas
 
jou klere wil ek nie ruik
 
want jy's aangenaam
 

 
ek weet min
 
wonder meer
 

 
van hoe die sin versmelt
 
in die syn
 
hoe 'n druppeltjie wyn
 
die see vol versprei
 

 
hoe ons kyk
 
maar nie moet praat.
 

 
- Francois van Dijk

#FrancoisvanDijk #wieisdiewarewonderwerker

    10
    0