Francois Maritz

Aug 6, 20131 min

ongetiteld

ek vrees myself in jou
 
stil, hakkerig,
 
kyk ek af
 
stom
 

 
ongemaklik, sonder oogkontak
 
prewel ek
 
"Hallou, ..."
 

 
eintlik wil ek net aanhou stap
 
sonder jou wat na my gedagtes gryp
 
maar ons is mos groot
 
ons is mos gesond
 

 
ek stap weg
 
met jou wat aan my gedagtes krap
 
soos 'n donkerboom se takke teen venster
 
dit reën
 

 
ek probeer my gordyne toe hou
 

 
- Francois van Dijk.

#FrancoisvanDijk #ongetiteld

    00
    0