Francois Maritz

Oct 11, 20111 min

Algemene Sinode Dag 2

Vriende vandag was ‘n rustiger dag hier by die Algemene Sinode. Die hoof dinge wat vandag hier gebeur het is dat die volle nuwe moderatuur ingestem is. Die moderatuur van die 14de Algemene Sinode van die NGKerk is: Prof Nelus Niemandt (Universiteit van Pretoria – moderator); dr Braam Hanekom (moderator van die jongste Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland – assessor); dr Johann Ernst (NG Gemeente Doornkloof – aktuarius); en ds Nelis Janse van Rensburg (NG Gemeente Welgemoed – addisionele lid). Dr Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk is (outomaties) ampshalwe deel van die moderatuur.

Meer as dit op ‘n baie ligter vlak het ek vandag geleer dat Ds. Retief Botha deel is van die klas van 1981 wat gelegitimeer is op Stellenbosch. Hulle was die grootste klas tot vandag toe wat geligitimeer is. Die getal, 131 in hulle klas. Veel anders as vandag ne. Vandag is al die fakulteite gekombineerd nie eens so baie nie.

Fun fact. Hier is slegs 12 afgevaardigde vroue predikante by die Sinode vanjaar. Dit is bietjie meer as ‘n 5% van die hele vergadering, die res is oorwegend wit mans, met die mense van kleur wat nog minder as die vroue in getal is.

Vanaand se verhelderingsgesprekke het uitgewys waaroor hierdie jaar se sinode gaan. Die groot meerderheid van die vergadering het hulle hande opgesteek om die vergadering oor die doop by te woon. Dit gaan more in diepte bespreek word.

Tot later, en geniet die groen grasperke onder die groot bome.

#Birchwood #Kerkbode #verandering #RetiefBotha #AlgemeneSinode #Media #NGKerk #Doop #Theology

    00
    0